Aanlyn Bybelstudie

Hoe werk ‘n Aanlyn Bybelstudie?

Alles gebeur hier op die blog en ons het ‘n ‘Closed’ Facebook Groep.  Daar pos ek elke dag artikels, ons deel bietjie wat ons leer – share dinge waardeur ons gaan en dinge waarvoor ons moet bid.  Die rede vir die ‘Closed’ groep is juis dat dit privaat is en dat net ons wat in die groep is betrokke is.

Wat as jy môre oggend wakker geword net met die goed waarvoor jy vandag voor dankie gesê het? Sal dit dalk die manier waarop jy bid vandag verander?

Ek meeste van ons sal saamstem dat die lewe een groot gejaag is, meer gejaagd as ooit tevore en so is dit dan baie makliker om met ‘n ondankbare gesindheid te lewe. Ondankbaarheid kan vinnig vlam vat as ons nie doelbewus lewe met die regte hart nie.

So vir die volgende 30 dae – tot en met die 16 Desember – gaan ons bewustelik lewe en tyd opsy sit om dankbaar te wees in die gejaagde lewe, en nou veral so voor die Feesseisoen.

Daar is beslis elke dag iets om voor dankbaar te wees en ons gaan dit deel! Sommige dae sal daar ‘n ooreenstemende artikels om te lees, of ‘n kort video te kyk. En sommige dae gaan jy jou gedagtes neer pen.

Ek verkaf ook verskeie teks verse wat jy kan oordink en bid.

Daar sal GEEN studie boek verskaf word nie, hou die blog dop en ons Facebook – alles gebeur daar!!

Die lewe gebeur so as jy ‘n dag mis, gaan net aan, moet asb net die opgee nie.

Nou met die feesseisoen op ons agterstoep gaan ek aan die einde van die studie ‘n geskenk bewys van Red Square gee aan een gelukkig wenner. Om te kwalifiseer, moet jy daagliks comment op die posts op Facebook en deel aan die gesels. Trekking sal gedoen word 16 Desember.

So wat sê jy? Is jy bereid om jou ‘gratitue attitude’ te verbeter?

Kom ons begin!

Volg ons op die volgende Sosiale Media platvorms

Facebook          –         https://www.facebook.com/groups/XarisOnline/

Twitter              –           https://twitter.com/XarisOnline

Instagram         –           https://www.instagram.com/xarisonline/

Gebruik die hashtags:

  #xarisonline #dankbaarheid

Liefde